Kunstenaar

Candice Janssen
Beverley Lewis
Show all

Kunstenaar

21 Okt.2017 –

Ek het die afgelope paar weke die Personal Coaching kursus saam met Michelle Bloem van Unique Purpose Life Coaching gedoen.

Michelle was altyd stiptelik vir ons afsprake en was deurgaans baie goed voorberei. Sy het weekliks aan my studiemateriaal voorsien en het ook kontekstuele aanpassing vir my gemaak wat dit meer toepaslik vir my lewe gemaak het. Sy het deurgaans my uniekheid t.o.v loopbaan, gender en geloofsoortuigings in ag geneem.

Ek het gevoel dat sy tydens ons sessies uit haar pad gegaan het om heeltyd present aan my te wees. Onduidelikhede het sy sistematies en met geduld aan my verduidelik. Haar entoesiasme vir personal coaching was aansteeklik en sy het my met gemak gelei en gemotiveer.

Haar kennis van die gekose veld was indringend en sy het ook nie geskroom om haarself menslik te maak deur haar eie weerbaarheid te deel nie.  Ek het haar deurgaans non judgemental en geweldig empaties gevind. Sy het ook tussendeur sessies kontak met my behou en inspirerende artikels aangestuur om verdere diepte en nuanse te skep.

Sy het reggekry om my suksesvol te lei om my gekose doelwitte binne ‘n spesifieke raamwerk te bereik.

Ek beveel haar graag aan as life coach en glo haar unieke aanslag sal die ruimte skep waarin mense nader aan hulself en hul doelwitte sal beweeg.